JAARKURSUS IN PASTORALE SORG EN KRISIS BERADING
POTCHEFSTROOM
Januarie – Desember 2013
Prof Wentzel Coetzer
Suid-Afrika kan beskryf word as ‘n getraumatiseerde gemeenskap. Talle persone is reeds geraak deur trauma en krisisse en daar is sovele wat worstel met ‘n magdom van onverwerkte emosionele pyn. Die oogmerk van hierdie kursus is gevolglik om persone wat ‘n passie vir andere se seer het, toe te rus om pastorale begeleiding te kan bied aan diegene wat deur trauma en krisisse geraak is. Die kursus is baie sterk praktyk gerig met talle praktiese voorbeelde wat telkens as toepassing dien van basiese teoretiese uitgangspunte geskoei op Bybelse vertrekpunte. Afgesien van die akademiese toerusting wat hierdie kursus bied, hou dit ook ‘n groot stuk geestelike groei en verryking in – u mag nie hierdie geleentheid misloop nie!
Status van kursus: Noordwes-Universiteit Sertifikaat (NWU)
Kursusleier
Prof Wentzel Coetzer
Vereistes
Die basiese vereiste is matriek plus twee jaar tersiêre opleiding (persone wat nie oor die nodige vereiste beskik nie kan wel ook inskryf – die sertifikaat wat hulle aan die einde ontvang, sal dan net nie die NWU se naam bo-aan hê nie).
Duur van kursus
Een Jaar (1 Jan 2013 – 31 Des 2013)
Struktuur
(Waar persone weens onvermydelike omstandighede nie die werkswinkels kan bywoon nie en nogtans vir die kursus wil inskryf, sal dit moontlik wees – hulle sal dan egter verplig word om die CD’s aan te koop wat die inhoud van die werkswinkels bevat – persone wat die kursus op hierdie wyse doen, sal egter ongelukkig ook nie die NWU sertifikaat ontvang nie maar slegs ’n gewone sertifikaat. Na afloop van hierdie eerste jaar word daar ook ’n tweede jaar aangebied as ’n opvolg-jaar indien die getal studente dit regverdig. Nadat studente hierdie twee jaar voltooi het, kan hulle (al is die sertifikaat nie noodwendig geakkrediteer by die NWU nie) dan as derde jaar studente inskryf by Perspektief Kollege in Potchefstroom, wat geakkrediteer is by die NWU. Perspektief het ’n vier jaar program (ook deur middel van korres-pondensie) om studente wat nog nie oor ’n graad beskik nie voor te berei om dan in te skryf vir ’n Meestersgraad in Pastorale Berading by die NWU.
Plek
Potchefstroom
Belangrike datums
Module 1
Werkswinkel: 12-15 Febr 2013
Inhandigingsdatum van eerste werksopdrag: 15 Mrt 2013
Module 2
Werkswinkel: 7-10 Mei 2013
Inhandigingsdatum van tweede werksopdrag: 21 Junie 2013
Module 3
Werkswinkel: 13-16 Aug 2013
Inhandigingsdatum van derde werksopdrag: 20 Sept 2013
Module 4
Werkswinkel 4: 29 Okt - 1 Nov 2013
Inhandigingsdatum van skripsie: 13 Des 2013
Inhoud:
Module 1: Krisis en trauma berading
Werksopdrag 1: (15 getikte bladsye/8000 woorde).
Module 2: Innerlike genesing en gebedsterapie
Werksopdrag 2: (15 getikte bladsye/8000 woorde)
Module 3: Die wisselwerking tussen liggaam, gees en emosies
Werksopdrag 3: (15 getikte bladsye/5000-7000 woorde)
Module 4: Verdere kritiese areas
Skripsie
Totale lengte ongeveer 30 getikte bladsye.
Selfstudie
Die voorgeskrewe handboeke en bundels moet deur die student self aangekoop word en die koste daarvan is dus nie ingesluit by die kursus fooi nie (die koste van studiemateriaal sal ongeveer R2500 beloop).
Evaluering
Evaluering sal geskied deur middel van die drie werksopdragte en die skripsie.
Koste
Registrasie fooi: R600
Kursus fooi: R6000 (betaalbaar in twee paaiemente):
getref word)
Studiemateriaal: R2500
Registrasie sperdatum: 15 Januarie 2013 (ons sal reeds teen Sept/Okt 2012 begin met registrasies)
Kontak gegewens: Prof. Wentzel Coetzer
E-pos: wentzel7@mweb.co.za
Tel: 018-2947457 (h)
Sel: 0836600409 of 0825778810